Powered by:IT City

Map

+27 16 982 3255
+27 82 898 1054
+27 16 982 4231
PO Box 6760
Vanderbijlpark
1900
South Africa 
Kuier in ’n Plaaskombuis

“Dié kunswerk in woord en beeld is ‘n kolskoot in die jaar waarin Afrikaans kook. Nie net kook Afrikaans nie, danksy “Kuier in ‘n Plaaskombuis” kan ons ook opnuut in Afrikaans kook” sê dr. Pieter Moller, geskiedkundige en ATKV-voorsitter in die Vaaldriehoek

’n Jeugherinnering of nostalgie aan ’n vergange era moet ’n insiggewende uitbeelding, waarmee die leser kan identifiseer wees.  Dit moet ’n behoorlike vaslegging van ’n leefwyse wat eie

aan ’n sekere tydperk, wat intussen verdwyn het, wees.  Dit moet ’n goeie skildering van histories belangrike jare, gebeurtenisse en figure wees. Kuier in ’n Plaaskombuis is dit.  Dit is nog meer.  Dit vang die eenvoud en elegansie, die warmte en samehorigheid wat geheers het vas.  Dit bevat ou handgeskrewe resepte uit die plaaskombuis.  Dit is die boekstawing van beproefde mondwater resepte wat deel van die Afrikaanse kultuur en leefwêreld uitgemaak het en nog steeds die smaak prikkel.  Dit is ’n kunswerk met meer as 300 foto’s wat beelde oproep uit die vorige eeu.

 

Die visuele huldebetuiging aan die vrou en haar wêreld, word versterk deur die uit-die-hart stories vanuit die hart van die huis (en geskryf soos dit gepraat is).

 

Die skrywer, Nico Moolman, is ‘n Hoëvelder in murg en been. As vergaarder van alles wat volks eie aan die Afrikaner is, pen hy met waardering en ook soms tong in die kies die stories van sy mense neer.

Bladsy   1

Kuier in ’n Plaaskombuis
Kuier in ’n Plaaskombuis
Klik hier om te bestel
Skrywer: Nico Moolman
ISBN: 0-620-33969-X
Formaat: Luukse hardeband, 192pp teks en foto’s
Prys: R239.95
Nico Moolman

Best Seller

Tags

Creative

Resensie:  [hier]

More books by Nico Moolman: