Powered by:IT City
Opskrifte soos dié bevestig die verwarring wat in harte en denke heers.
Evolusie versus Skepping bly ‘n kontroversiële onderwerp. Evolusie lyk na ‘n voldonge feit: bewyse daarvoor lê dik gestrooi – met die wetenskap se stempel van goedkeuring daarop.
Verrassing: daar bestaan wesenlik geen onafhanklike en klinkklare wetenskaplike
bewyse vir evolusie nie. Evolusie (byvoorbeeld) vind plaas wanneer ‘n hond ‘n perd word – nié deurdat die hond deur inteling 200+ hondesoorte geword het nie.
Pieter Pelser het die afgelope 50 jaar ‘n studie van die evolusie-godsdiens gemaak en met sy boek: Evolusie en die Bybel: Kan hulle versoen word? die wenkbroue laat lig. Met sy indringende Bybelkennis ontbloot hy die waarheid – ‘n waarheid wat soms vreemder as fiksie lees.
Die Evolusie Illusie is nie ‘n paar Bybelversies om die saak vir ‘n Skepping deur ons Almagtige God te stel nie, maar harde feite. Dit tree nie in konflik met die wetenskap as dissipline nie, maar wel met wetenskaplikes wat die Almagtige Skepper van hemel en aarde die eer vir sy Skepping probeer ontneem en met hul evolusiegeloof bydra tot die gebrokenheid in samelewings.
.
Bladsy 1
Best Seller
Tags
Afrikaans