Powered by:IT City

Map

+27 16 982 3255
+27 82 898 1054
+27 16 982 4231
PO Box 6760
Vanderbijlpark
1900
South Africa 
Die Pienk Traaisiekel

Die subtitel: Vanmelewe se liegendes en ellendes vat die inhoud tong-in-die-kies saam. Met ‘n dosyn kortverhale uit verskillende eras skep Nico Moolman kontreikuns wat prààt. Die stories wissel van skreeusnaakse oorvertellings soos “Die Russiese Worshond” tot die diepsinnige, uit die hart belydenisse in “Die Steenkoolengel”.

 

‘n Mens is ‘n mens deur ander mense. Die vertellings “Tandoori hoender en koesisters”

en “Tant Magriet se Krismistango” ontgin menseverhoudinge.

 

My persoonlike gunstelinge is “’n Ducktail maak ‘n sudden move” en “Met ‘n Spoetniek Makwassie toe”. Die tipiese eendstert gedrag en taalgebruik is ‘n openbaring van ‘n tyd waarvan ek nog net gehoor het en ‘n fyn spot met menslike swakhede. “Met ‘n Spoetniek Makwassie toe” het ‘n onverwagse intellektuele kinkel in die kabel. Die verhaal: “Op die Majoor... Laat hy val waar hy wil!” is raar, maar “Oom Kotie sien sy eerste panty” vat die koek. 

 

Die boek is eiesoortig en gebruikersvriendelik. Moolman se fyn waarnemingsvermoë en eietydse woordgebruik gee aan die boek ‘n karakter van sy eie. Vertellings word aangevul met ou foto’s en elke foto vertel sy eie storie en maak vergete beelde en emosies wakker. In die woorde van die radio-veteraan, Fanus Rautenbach: “...’n prettige boek vol herinnering en

.

Bladsy   1

Klik hier om te bestel
Skrywer: Nico Moolman
ISBN: 0-620-37265-6
Formaat: Sagte band, 112pp
Prys: R59.95
Nico Moolman
Die Pienk Traaisiekel
Die Pienk Traaisiekel

Best Seller

Tags

Egg

Resensie:  [hier]

More books by Nico Moolman: