Powered by:IT City
‘n Riller uit Afrika.
As TV3-dramareeks in Sotho het dié riller oor geloof en bygeloof rekord kykergetalle gelok.
In 2006 word Hans du Preez vir sy pionierswerk met ‘n Golden Plumes Toekenning vereer vir die beste televisiebydrae oor dertig jaar.
Bang vir die tokkelos?
Eenoog is los. Met sy Setlotlwane (tokkelos) wil hy die bordjies verhang. Lesilo dans willoos na
sy meester se pype. Soos wat Eenoog die omvang van sy mag besef, word poetse genadelose wreedheid. Die dood loop ongenaakbaar deur die tradisionele dorpie. Oor wie sal die doodsvonnis, ‘die geeste van my voorvaders sal toesien’, volgende uitgespreek word?
Verstaan en geniet ons swart landgenote se onwrikbare erkenning en geloof in die bestaan van towerkragte.
Tags