Powered by:IT City
Om die evangelie oor te dra, is soos om koeie te voer. Die hooi moet wees waar die koeie dit kan bykom.
‘n Voorstedelike vrou gebruik die Skeppingsverhaal om ‘n skeut lig op die lewe te werp. Elke geleende dag is ‘n nuwe begin in die soeke na sin, na die antwoorde op die kwessies waarmee universeel geworstel word.Die verteller is nie uniek nie; haar reis ook nie. Sy word eiesoortig omdat sy intydsgekoppel is aan die
Bron van Krag. Sy koek en tee met God. Hy hou daarvan.
Die Genesis-verhaal word herskep. Dit val nie die geldigheid van die Christelike waarheid aan nie – dit bevestig die grootheid van God. Die boodskap is tot eer van God die Vader, want dit beklemtoon die noodsaaklikheid van voortdurende kommunikasie met Hom: as vriend, raadgewer en kragsentale van wie ons afhanklik is.
Lorelei du Plooy bind haar daaglikse ervarings, krisisse en vreugdes met die lewe in die Begin. Met empatie wys sy dat, hoewel soveel verander het, alles eintlik dieselfde gebly het: Sonder God is ons niks. Soos rekenaars moet ons intydgekoppel bly aan die oerbron. Die kundigheid oor Bybelse leer word bevestig en versterk. Hoewel dit vreemd klink in die idioom van ons tyd, moedig dit nie die integrasie met die weë van die wêreld aan nie. Dit is ‘n lekkerlees analogie wat harte raak.
Lees self - dit sal u nie koud laat nie...
.
Bladsy
Back to [browsing]
Tags
Afrikaans