Powered by:IT City
Tot vandag toe kon slegs ‘n klein aantal Christene toegang kry tot Communion with God se 275 bladsye fyngedrukte woorde in The Works of John Owen. Nou het dr. RJK Law gesorg vir ‘n eersteklas leesbare verkorte weergawe van een van die grootste Christelike klassieke werke van alle tye, en daarmee Owen se rykgeskakeerde lering vir ‘n vaie groter leserskring beskikbaar gemaak.
John Owen het geglo gemeenskap met God is die hart van die Christelike lewe.
Soos Paulus het hy begryp dat ons deur die Seun en die Heilige Gees toegang tot die Vader het. Hy het nooit sy verwondering in die woorde van Johannes verloor nie: “Ons gemeenskap is met die Vader en met Sy Seun, Jesus Christus.”
In hierdie voortreflike boek verduidelik hy wat hierdie gemeenskap is en beskryf die baie voorregte daarvan.
Bladsy
Back to [browsing]
Tags