Powered by:IT City

Map

+27 16 982 3255
+27 82 898 1054
+27 16 982 4231
PO Box 6760
Vanderbijlpark
1900
South Africa 

Page 

Samestellers: Elize van Eeden en Pieter Prinsloo

Voetspore van Pioniers

Quantity: Select a Book: Check out now

Tags

Samestellers: Elize van Eeden en Pieter Prinsloo
ISBN: 978-0-9814189-7-1
Formaat: Luukse hardeband 206pp teks en foto’s
Prys: R239.95

Voetspore van Pioniers is ‘n historiese huldeblyk aan die plaas Buisfontein en sy mense.  Dit is ‘n nostalgiese terugkyk.  Dit is ‘n boek van ‘n plek; ‘n stukkie grond met kloof en fontein wat diep spore gelaat het in sy mense se harte.  Dit is ‘n gesellige saampraat oor gisters en spel die belofte van nuwe môres.

 

Of jy daar gebore is, gebly en gewerk het, as kind in die klowe gestap het of vakansies voor die stoof kom koffie drink het, Buisfontein en sy mense het ‘n blywende herinnering gelaat.

 

Buisfontein en die Ernst-familie se paatjies het meer as 120 jaar gelede gekruis.  Voetspore van Pioniers gedenk die verlede en die fondamente wat gelê is, maar is veral ‘n koffietafelboek vir geslagte wat kom – ‘n erfstuk van onskatbare waarde.