Engel vat my hand

Engel vat my hand Image

SKRYWER: Susan Myburgh

ISBN: 978-0-9922112-6-4

FORMAAT: Sagteband 112pp

“My man is dood!”

Dié besef het Susan Myburgh soos ‘n vuishou tussen die oëgetref.

In die skok en pyn van haar verlies is sy wonderbaarlik gedra, gelei en beskerm deur aardse engele (soos haar vriendin, Liz), maar het sy ook die sorg van God se misterieuse boodskappers eerstehands en intens ervaar.

Susan se onbeholpenheid, kragteloosheid en verlatenheid het verander. Sy het geleer om sensitief vir die Anderkant van hierdie lewe te wees. Engele het haar begelei op haar pad na heelword en opnuut mensword.In hierdie nuwe seisoen word sy beter en méér as wat sy ooit sou kon droom, omdat sy God se liefde daagliks dieper beleef.

Hierdiekort stukkies uit haar hart is nie die inktrane van ‘n weduwee nie, maar die ervaringe van ‘n vrou wat oorvloedig en met oorgawe in die híér en nóú lewe, omdat God haar in engelvlerke toevou.