Met rooi pampoenvelskoene

Met rooi pampoenvelskoene Image

SKRYWER: Elias J.J Olivier

ISBN: 978-0-9922112-8-8

FORMAAT: Sagteband 272pp

Uittreksel:

“Ons het nogal dikwels sneeu toe gegaan, omdat die Snowy Mountains naby Canberra baie sneeu in die winter gekry het.  My eerste keer was saam met Derick Coetzee.  Ek, wat sneeu redelik goed geken het en reeds in Rome gaan ski het, het die regte klere vir die sneeu gehad, maar arme Derick het nie sneeuklere gehad nie, maar het geglo dat dit verskriklik koud was en dat jy regtig gewapen moes gaan!

Toe ons in die ski-hyser moes vertrek, het hy sy verskyning in ‘n bruin ferweel broek (waarvan hy die pype met ‘n tou toegebind het) gemaak.  Oor ‘n dikrooi trui het hy sy groot army jas uit Suid-Afrika aangehad.  Eers was dit ‘n vreeslike gesukkel vir hom om aan die ski-hyser se tou vas te hou sodat hy daarmee kon opgaan, maar eindelik was hy bo-op die berg.

Daar neem hy toe posisie in, maar teen dié tyd was daar al ‘n groot klomp mense wat na die besonderse skiër kom kyk het.  Met benoude krete het hy die steiltes afgevaar!  Die army jas se knope het losgeraak en Derick het soos ‘n reuse arend wat die steiltes afstrom en enige oomblik die ruimtes kon invaar gelyk!

Hy het met ‘n uitgerekte kreet oor ‘n bult verdwyn en ek het later gehoor dat die ander skiërs onderkant hom glo soos vlieë uitmekaar gespat het toe die gevaarte oor die berghelling kom. Al wat ek kan onthou, was dat daardie berghelling weergalm het van die lag van daardie honderde mense!”

Met Rooi pampoenvelskoene is Elias Olivier, voormalige plaasseun, ambassadeur, politieke uitgewekene en entrepreneur en verskilmaker se lewenskets.  Die boek word beskryf as ‘n Credo van ‘n lewe, ‘n sosiale geskiedenis,‘n kulturele erfstuk en biblioterapie.

Met Rooi pampoenvelskoene is geskryf vir elkeen wat kan identifiseer met die Afrikanerleefstyl van toeka en steeds bereid is om in die spervuur te staan vir dit wat trots Afrikaans is.