Koebesie

Koebesie Image

DIGTER: Trienke Laurie

ISBN:978-0-9922112-7-1

FORMAAT: Sagteband, 80pp

koebesie: mannetjie van die heuningby; waterdraer

Trienke Laurie, bekroonde digteres en kunstenaar, kyk introspektief na die roeping om ‘n digter te wees. Sy is die werkerby wat nektar uit elke windrigting versamel; word ‘n pottebakker in ou Griekeland en ‘n glasblaser in moderne België, maar keer telkens weer terug na haar korf om haar ervarings te deel.

Haar gedigte is kopreise wat gestalte kry in ‘n sestigtal gedigte. Haar verwondering oor die natuur, haar respek vir eeue-oue kultuur en haar diep religieuse belewenis word in toeganklike verse verwoord.

Trienke Laurie is kranig met die woord. Uit haar pen het die bundels Skietspoel (1997), Ek sien ‘n rooi bul storm (1999), Uitroep (2001) en Sonskyf (2007), sowel as ‘n kinderboek, Van my ouma ‘n groet (2010) verskyn.