'n Studiemetode so uniek soos jy

SKRYWER: Dr Esther de Waal

ISBN: 978-0-639974-1-9

FORMAAT: Sagteband

Ontsluit jou potensiaal met ‘n pasgemaakte studiemetode wat nommerpas vir jou breinprofiel en persoonlikheid is.

Dié boek is die sleutel jou hand waarmee jy ‘n unieke leerstrategie, wat by jou indiwiduele leerstyl pas, kan ontwikkel. Dr Esther de Waal tree in ‘n gemaklike gesprek met die leser oor:

  • Eie breinvoorkeure en leerstyle
  • Suksesvolle bestuur van die leerervaring
  • Studievaardighede soos effektiewe lees, luister en studiemetodes
  • Strategieë om geheue en konsentrasie te verbeter
  • Wenke vir die optimale benutting van jou mondering
  • Benadering van huiswerk, opdragte, toetse en ander assesserings
  • Oorkoming van die struikelblokke wat effektiewe leer in die wiele ry
  • Die waarde van reflekterende leer

Dr De Waal was meer as 20 jaar lank verbonde aan ‘n toonaangewende Suid-Afrikaanse universiteit waar sy toekomstige  onderwysers help oplei het. Sy het nasionaal en internasionaal ‘n bydra tot boeke en handboeke oor ‘n verskeidenheid onderwerpe gelewer. Sy is ‘n geregistreerde, geakkrediteerde Heelbreinpraktisyn.

In 2008 het sy EduEs, ‘n opvoedkundige konsultasiediens, gemik op die stroomlyning van die onderrig-leerproses, op die been gebring en begin fokus op ‘n meer effektiewe  hantering van die opvoedkundige behoeftes van indiwiduele leerders.

Die eerste Engelse uitgawe van hierdie bemagtigende boek, Study metods that work for you, is reeds in 2010 gepubliseer en het sedertdien talle mense se lewe radikaal verander.