Wanneer die Koedoehoring draai

Wanneer die Koedoehoring draai Image

Titel: Wanneer die koedoering draai

Skrywer: Charlotte de Beer

ISBN: 978-0-9814389-8-6

Formaat: Sagteband 320pp

Charlotte de Beer se deeglike navorsing van die Griekwamense, hulle taal en  kultuur maak van hierdie roman ‘n verhaal wat leef. Meraai Vannewestrys, ‘n ontluikende Griekwameisie, woon op die plaas Rolbos, binne ‘n tradisionele Griekwa-gemeenskap. Haar lief en leed is reeds byna twintig jaar gelede vir die eerste keer verwoord in Meraai  van Rolbos (uitgegee deur Lapa Uitgewers) en word in Wanneer die koedoehoring draai in herinnering geroep en verder vertel.

Direkte motiewe wat Meraai raak sluit haar ontluiking tot volwassene, tradisionele rituele; ‘n familiestryd tussen broers; haar ma se innerlike konflik, hartseer en soeke na sin; asook die intrige rondom ‘n misdadiger wat op Rolbos opdaag, in. Dit word met soveel deernis herleef dat juis die eenvoud en kinderlike opregtheid daarvan direk tot die hart spreek. Meraai voel soos ‘n familielid, suster of vriendin, en mens se binneste reageer saam met haar verhaal.

Koedoehoringdraai’ word deur die Griekwamense gebruik, om die draaie van die lewe met sy swaarkry en keerpunte te beskryf. Dit voel vir haar asof die verdraaide dinge nie gaan regkom nie. Sommige draaie is tydelik en ander is permanent, maar net die Here weet wat die beste is …

‘n Heerlike verhaal van humor en deernis.