Kartonengel

Kartonengel Image

Skrywer: François Hugo

ISBN: 0-620-36499-8

FORMAAT: Sagteband 160pp

‘n Sendelingseun reis deur Afrika op sy motorfiets.  Hy soek nie antwoorde oor sy wortels nie.  Hy weet wie hy is.  Sy nalatenskap is meer as die siel van die mier.

Op ‘n eerlike, praktiese en humoristiese manier werp hy lig op ons mensbeskouings en die effek daarvan op ons keuses.  Hy kombineer sy passie vir motorfietsry met sy liefde vir sy gesin en Afrika.  Gedurende ‘n motorfiets-ekskursie met sy dogter na Malawi word dit baie duidelik wat dit beteken om aan die oomblik reg te laat geskied.

Die konflik met sy seun in die Caprivi help hom om te verstaan dat almal verantwoordelik is vir hul eie geluk en word sy reis deur die Afrikalandskap ‘n selfontdekkingstog met ‘n verskil.

‘n BMW-motorfiets is nie ‘n perd om sonder meer bloots te ry nie en die rit is vol aksie en interaksie.

Uittreksel:

Riana slaan skielik verwoerd op my skouer.  “Hier’s moeilikheid”, dink ek, want dit is nie haar styl nie.  “Die kannetjie is weg,” skreeu sy.  Ons ry terug en kry dit uiteindelik – net voor die gat in die skaduwee, maar dit is te laat.  Die prop het afgespring, en die kan is so te sê leeg.

Ons altwee besef die implikasies.  Dis asof ons op ‘n vriend se lyk afgekom het.