Lesilo staan op

Lesilo staan op Image

Skrywer: Hans du Preez

ISBN: 978-0-9814189-2-6

Formaat: Sagte band, 320pp

‘n Riller uit Afrika.

Lesilo staan op is oorspronklik geskep as TV-dramareeks in Sotho, Lesilo Rula Baswing en het van die hoogste kykertalle oor die afgelope dertig jaar gelok. In Desember 2006 is Hans du Preez se penvrug met ‘n Golden Plumes Toekenning deur die SABC bekroon.

Die dramareeks het onwrikbare erkenning van en geloof in die bestaan van die magiese onder Afrikane weerspieël. Die riller benadruk die vrees vir die tokkelossie en sy aktiwiteite – ‘n vrees wat steeds tot in die hoogste kaders van die Suid-Afrikaanse gemeenskap heers.

In die riller word die leser op ‘n aangrypende en beeldende verkenning van die magiese, soos vergestalt deur die tokkelossie, meegevoer. Lesilo is ‘n harige klein, swart mannetjie met ‘n half-mens half-bobbejaangesig en twee gloeiende “twaalf volt” ogies. Hy is ‘n klein botteltjie, maar groot gif: Sy arms is ysterkake en sy bobbejaanagtige hande kan mense hipnotiseer en “vasbind”. Voetloos en rats bak hy aanvanklik net poetse in opdrag van sy meester, maar soos ‘n gehoorsame kind moor hy sonder huiwering om die opgekropte, ou haat van sy meester te stil.

Volgens oorlewering kan ‘n sangoma (of ngaka) ‘n afgestorwene sy slaaf maak. Die afgestorwene se tong word uitgesny. Woordeloos en breindood, maar beweeglik, dien die tokkelossies hul meesters. Enige en elke opdrag word klakkeloos uitgevoer: daaglikse rompslomp, diefstal, moord en geitige, stoute streke. In die landelike gebiede staan die vroue se beddens nie verniet op bakstene nie: ‘n tokkelossie is mannetjie maar man! Waar hy beweeg, laat hy ‘n spoor van siekte (meestal oggendsiekte!) en ellende. Donker werk is konkelwerk en snags is aksietyd!

Die tokkelossie is ‘n kultuurding. Hy is onlosmaaklik deel van Afrika. Hy boesem vrees in. Blankes bejeën sy bestaan met skeptisisme. Ongeag hoe ons daarna kyk: die tokkelossie is ‘n skrikwekkende werklikheid – selfs in ons moderne samelewing.

Neem ‘n veedief en tronkvoël met ‘n hart van klip en wanpersepsies oor respek en mag soos Eenoog. Gee hom ‘n tokkelossie as slaaf en meer as net die melkkoei is soggens uitgesuip!

Lesilo staan op is ‘n realistiese uitbeelding van die mag van geloof en bygeloof. Suid-Afrikaanse lesers kan hulle maar al te goed met die milieu, mites en misgrype wat geteken word identifiseer. Gegewe die agtergrond van die karakters  word die afwagting en spanning plofbaar en word die slot tiperend van die universele bedorwenheid wat met mag saamloop. Die ware riller lê egter opgesluit in die dieper betekenis: Hier is veel meer ter sprake as wat die oog oppervlakkig kan sien en die leser moet wakker lees om nie self ‘n Eenoog te wees nie.